Kunstefabriek Program : Die Reformasie van die Reformator

‘n Werk vir Orkes, Tenoor en Koor

Die fokus van die werk is op Luther se geestelike stryd wat begin in ‘n donderstorm, wat hom in ‘n klooster dryf, wat hom op ‘n Pelgrimstog stuur. Maar steeds het die man geen rus vir sy siel nie. Eers nadat hy die Skrif begin ondersoek as Priester wat sy kudde versorg, kom hy in aanraking met die Evangelie. Die ware Evangelie van God, waar jy slegs deur God se Genade gered word.

Vir eeue was die wonderlike waarheid onder tradisie en korrupsie toegegooi.

Saam met Luther jubel ons wanneer hy as’t ware die Paradys deur ope poorte binnestap. Maar die gewaarwording is so groot, dat hy nie kan stil bly nie. Sy woorde en dade lei tot die Hervorming van die Kerk en die invloed wat ons tot vandag beleef.

Soos Luther self gesê het: die musiek is tweede belangrikste naas die uitleg van die Skrif, en dat musiek die harte moet raak.

Die musiek bevat werke van Luther self, asook Bach en Mendelssohn, komponiste wat deur Luther beïnvloed is.Daar is nuwe toonsettings van Psalms en ander tekste.

Die orkestrasie streef om die res van dDie Reformasie van die Reformator
kste naas die uitleg van die Skrif, en dat musiek die harte moet raak.

Die orkestrasie streef om die res van die geheelbeeld in te vul, en tree nie net as begeleiding op nie. Soos die tromslae wat die hamerslae op die Slotkerk se deur voorstel, die weerlig in die donderstorm, en die driftige ritme wat die oordeel van ‘n Regverdige God voorstel.

Dit beloof om ‘n aangrypende reis te wees, en ons weer bewus te maak waarom die Reformasie plaas gevind het.

Chris Mostert (solo tenoor) word begelei deur Die Kunste Fabriek Orkes en koor.

Vir meer inligting:

Kontak Loïs Boshoff by:

Besoek ook  gerus Die Kunste Fabriek Orkes Projek se Facebook blad.

Advertisements